Local NewsNews

Ontmoet Limpopo Supersterre se eerste Wenner: Pieter Fourie

Pieter Fourie, ‘n 44 jarige pa van twee, sê musiek is ‘n groot deel van sy lewe.

POLOKWANE – Limpopo Supersterre is ‘n sang kompetisie wat hierdie jaar vir die eerste keer gehou is. Oudisies het reeds vroeëer die jaar begin en die wenner is op 13 Augustus aangewys. Die wenner, Pieter Fourie is ‘n 44 jarige pa van twee wat vertel dat musiek ‘n groot deel van sy lewe is.

Review het met hom gaan gesels.

Wou jy altyd sing?

My belangstelling in musiek kom van die laat 70’s af.  As enigste kind met chroniese asma was ek maar altyd bietjie anders. Ek het vroeg na Springbok Radio en 702 begin luister. Ek was altyd die een wat die platespeler beman het by die huis.  Altyd gedigte voorgedra of gesing by skool geleenthede. In graad 2 het ek die gedig “Oppie Pararra” van Adam Small vlot voor die hele skool opgesê en in gr. 3 “Boggom en Voetsek” van David Kramer voor ‘n vol skoolsaal gesing. In gr. 8 se groentjie konsert het ek “I Wanna Rock” van Twisted Sister voor ‘n vol skoolsaal gesing.

Wat het jy na skool gedoen?

Na skool was ek weermag toe en daarna ‘n klerk by destydse “Poskantoor en later by “Trust Bank.” Eintlik het ek al ‘n hele paar dag-werke gehad insluitend sekuriteits wag, en spoorlyne sweis om net ‘n paar te noem. In die 90’s het ek na Pretoria verhuis en daar in die restaurant bedryf begin werk. In my vrye tyd het ek altyd by nagklubs of karaoke plekke uitgehang. Ek het telke male by ‘n sekere plek in Pretoria gaan karaoke sing, toe Kurt Darren nog ook by dieselfde karaokes gesing het. Ek was daar een aand raakgesien deur ‘n bestuurder van ‘n heavy metal groep en ek was amper twee jaar voor sanger van die groep. Ek het in 2012 in Johannesburg ‘n nasionale platejoggie kompetisie gewen .

In 2013 is ek gediagnoseer was met kanker. Na ‘n jaar se wegkruip het ek terug gekom Limpopo toe en besluit ek gaan nou my droom meer as ooit volg want daar is ‘n plan met my lewe.  Ten spyte van chroniese pyn is musiek al wat ek ooit wil doen.

Ek is bly oor die geleentheid wat ek nou het en gaan dit ten volle benut.  Musiek is die talent wat ek gegee is om te gebruik en ek glo mens moenie jou talente begrawe nie. Musiek het my lewe gered. My loopbaan is nou op ‘n hoogtepunt en ek vertrou op onse Vader dat alles sal gebeur soos dit moet.

Wat is jou gunsteling liedjie en hoekom?

Daar is so baie goeie liedjies. Enige musiek wat met my siel praat en waarmee ek kan identifiseer is vir my goeie musiek. Dit moet ‘n storie vertel. Geen spesifieke genre nie.

Wie is jou gunsteling Kunstenaar en hoekom?

Ons Hemelse Vader.  Vir dit wat Hy in my lewe doen en Billy Idol.

Wat is die eerste liedjie wat jy voor ‘n gehoor gesing het?

Boggom en Voetsek – David Kramer (1981)

Waarom het jy besluit om in te skryf vir Superster?

Dit het na my toe gekom in ‘n vision. Ek het daai video van Ben Haenow – “You’ve got something I need” gesien omtrent ‘n week of twee voor ek geweet het van die kompetisie. Die video het iets in my geskud en ek kon elke emosie van daai ou voel. Toe hoor ek van Superster. Ek moes dit net probeer. Ek sing al jare voor gehore wat altyd wil weet hoekom ek nog nie ‘n CD het nie.  Ek het nooit die moed gehad om dit te doen nie en altyd myself ge-onderskat en geleenthede was min. Dit is nou iets van die verlede.

Het jy al deelgeneem aan Idols, Patricia se Supersterre, The Voice, SA’s got talent, Popstars, X factor SA?

Nee… dalk in die toekoms, wie weet?

Skryf jy jou eie musiek?

Ja maar dis elektroniese musiek. Ek is nou besig om twee oorspronklike songs vir my CD te skryf.

Speel jy ‘n instrument?

As platedspelers en cd’s tel as instrumente. Ek sal graag wil leer kitaar speel.

Waar sal jy graag wil optree?

Carnival City of die talle feeste in Suid Afrika.

Vir wie sal jy graag wil open?

Parlotones, Seether of Jamie Cullum (I wish). Vir wie ookal goed dink om my te vra…

Wat is jou leuse?

Lewe voluit maar bly in beheer sover as wat mens kan. Ons kry net een lewe vir ‘n kort tydjie op die aarde. Moenie wrokke hou nie. Sluit God by alles in. Asseblief, dankie en respek is baie na aan mekaar en kan mens ver bring.

Wie is jou grootste ondersteuners?

My seuns en my verloofde, Leony Holscher, en familie en vriende.  Al die mense wat ek al by my optredes ontmoet het. Daar is baie publieke aanhangers ook maar hulle is wyd gesaai oor Suid Afrika. Hopelik sal my boodskap nou verder uitreik na meer mense. My twee seuns is ook my rolmodelle.

Waarna kan mense uitsien wat jou CD aanbetref?

Iets vir almal. ‘n Huldeblyk aan al die kunstenaars wat my ge-inspireer het.

Hoe sal jy eendag onthou wil word?

Wil nie nou daaraan dink nie. Ek lewe vir die oomblik. Die mense wat my wel ken sal my onthou vir die regte redes. Dalk skryf ek ‘n boek…. Nou wil ek net my CD opneem en die wêreld plat sing.

Pieter is tans besig om die CD op te neem wat die prys was van die Superster Kompetisie.

maretha@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button