Local NewsNews

Pragtige hooftooisels vir elke geleentheid

As jy 'n unieke hoed soek om jou uitrusting te komplementeer, is Heidi Viviers die persoon om te kontak.

POLOKWANE – “Ek is in die Ou Apostoliese Kerk en ons dra nog hoede kerk toe. Ek is nog altyd kunstig en lief om met materiaal te werk en wou nog altyd hoede maak,” vertel Heidi.

“Ek gebruik Sinamay wat ‘n tipe piesangblaar is. Dit is ‘n harde, sterk materiaal, maar dit verniel jou hande. Jy kry dit in verskillende kleure, maar soms kleur ek dit self,” vertel sy.

Sy sê dit neem haar min of meer vier ure om een hoed te maak.

Sy het in 2012 ‘n kursus bygewoon om te leer hoe om hoede te maak en sedertdien het verskeie mense haar gevra om vir hulle ‘n hoed te maak.

“Dit is ‘n ingewikkelde proses; jy moet ‘n passie daarvoor hê en ‘n bietjie kreatiwiteit help ook,” skerts Heidi.

Sy ontwerp en maak al haar hoede self en maak gereeld hoede vir troues.

Sy adverteer glad nie haar hoede nie, maar maak staat op haar klante om haar aan ander aan te beveel.

Heidi maak slegs hoede op bestelling.

 

Lees meer oor Heidi in Review Weekend

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button