Local NewsNews

VERMIS: PHS se juweel weg

Enige iemand met inligting oor waar sy haar bevind moet dadelik die skool kontak.

POLOKWANE – Die hulp van alle leerders, ouers en personeel van Hoërskool Pietersburg (PHS) word dringend gevra na die geliefde en baie bekende Kardoesie se verdwyning.

Kardoesie was voor die skoolvakansie op die skoolvelde vir die laaste keer gesien. Sy het haar skoolklere aangehad.

Daar word vermoed dat sy teen haar sin geneem is met die oog op die titaniese stryd wat tussen die grade van die skool gaan afspeel om haar ‘n nuwe tuiste te gee, sê  Anna-Marié Schoeman, PHS Skakelbeampte.

Die stryd sal op die skool se velde op Dinsdag 26 Julie plaasvind en daar word gehoop dat sy betyds en veilig terug gaan wees om haar vertoning te kan sien.

Enige iemand met inligting oor waar sy haar bevind moet dadelik die skool kontak op (015) 297 3201.

“Ons wil net weet hoe dit met haar gaan.”

“Die leerders is baie hartseer en verlang na haar. Ons weet nie hoe ons sonder haar kan voortgaan nie.”

riana@nmgroup.co.za

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button