Bosveld NewsNews

Goudsmit eienaar weer in hof oor bedrog

'n 27-Jarige vrou wat na bewering verskeie inwoners se duur juwele gesteel het, het Maandag in die Mokopane Streekhof op 'n klag van bedrog verskyn.

MOKOPANE -Die verdagte wat vroeër die eienaar van ‘n bekende juwelierswinkel in die dorp was, het na bewering oor ‘n tydperk van 12 maande in 2014 meer as 10 kliënte se juwele tot die geskatte waarde van ‘n half miljoen rand gebuit.

Die saak is oor ‘n lang tydperk herhaaldelik uitgestel en met Maandag se verskyning is dit wéér tot 21 Julie uitgestel vir die beskuldigde om te pleit.

Een van die slagoffers het aan Bosveld gesê dat die saak nou al vir meer as ‘n jaar lank sloer en dat sy hoop op geregtigheid.

“Twee van my goue kettings is gesteel en verskeie ander inwoners se juwele waaronder trouringe is ook gesteel.”

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button