Bosveld NewsNews

HPP sit revue op planke

'n Groot opgewondenheid heers by Hoërskool Piet Potgieter (HPP) waar die leerders volstoom oefen vir hulle revue - The Best Day of your Life.

MOKOPANE – Rikus Strauss, ‘n oud-leerder en tans ‘n dramastudent by The Performing Arts Lifestyle Institute in Pretoria, en een van sy medestudente, Henco Swanepoel, het onlangs dele van die revue op film kom vaslê. Die leerders het vroegoggend reeds hulle karakterskoene aangetrek en nadat Strauss en Swanepoel hulle ‘n bietjie geskuur en geskaaf het, is van die tonele regdeur die dag tot laataand op film vasgevang.

Piet Pot se leerkragte sê dit gaan ‘n onvergeetlike revue wees wat nie misgeloop moet word nie.

The Best Day of your Life gaan van 21 tot 23 September in HPP se skoolsaal opgevoer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button