BlogsOpinion

Ek hou nie van tieners nie . . .

Te midde van: 'Ek gee op, gee oor, gooi hande in die lug!'

Ek is life vir kinders.

Ek dink soms ek ruik nog na moedersmelk, of dalk lyk ek maar net so half-half (tog net nog nie heeltemal nie!) soos ‘n ouma met ‘skwiesjie’ (so hoor ek) drukkies en ‘n warm skoot vir kinders om op te sit.

Oor die algemeen het ek ‘n slag met kinders van enige ouderdom. Ek het net genoeg gekheid in my om vir tieners so ietwat ‘weird’ genoeg te wees, net sodat hulle nog moet besluit of ek koel-weird of weird-weird is.

Jare gelede het ek ‘n ding gelees oor die S-faktor. Dis veral op sy sigbaarste in tieners. En nee, dis nie die s-woord wat rym met heks nie, dis die ‘Simpel-faktor’. Dit vier beslis hoogty in tieners.

Ek het net gisteraand weer besluit: maak nie saak wat ek dink kinder van my dink nie, ek hou nie van tieners nie. Hulle is beter-weterig, onopvoedbaar slim, slimmer as die houtjie van die galg, Salomo en Metusalem saam en dan is hulle ook nog doodreg – hulle sal liewer dood as erken hulle het ‘n fout gemaak!

My beplanning was goed, toe ek die hele spulletjie van my op een slag so deur die doeke gekry het, maar ek het nie mooi gedink aan die tiener-fase nie. Dit neem ‘n bietjie langer as tande-sny en is beslis pynliker.

Ek gee nou al die hele spul van hulle Vit. B- en Magnesium-aanvullings om die PMS en maansiek effe af te weer, maar nugter alleen weet of dit regtig werk. Gelukkig vang ek dit in sulke fases: as die een op die golf ry, vang die ander die diep dal van doodskaduwee.

Ek oorweeg dit ernstig om ‘n bordjie op my rug te begin dra at lees: “Ek is die wêreld se slegste ma. LOS MY UIT!” Want dit voel vir my alles wat ek doen, of nie doen nie, sê of nie sê nie, dink of na bewering dink, is verkeerd. My beste bedoelings word in ‘n oogwink verdraai tot “Maar, Ma, hoe kan ma so maak/sê/dink/voel?”

Ek gee op, gee oor, gooi hande in die lug! Ek wil my mond toeplak en deur ‘n strooitjie kalmeerpille drink tot die laaste een matriek deur is! (Sal dalk goed wees vir die warm skoot en skwoesjie-drukkies.

En dan, net voor ek finaal moed verloor, kom die WhatsAppie deur: “I smile because you are my mother. I laugh because there is nothing you can do about it!”

Touché!

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button