Local sportSport

Jong SA kampioen weet van bergfietsry

Marili Nel (9) was onlangs as die top bergfietsryer in Suid Afrika in haar ouderdomsgroep gekroon.

POLOKWANE –  Marli het sowat ‘n jaar en ‘n half gelede vir die eerste keer aan kompetisies begin deelneem en gou besef dat sy gemaak is vir fietsry.

Tydens die jaar-en-‘n-half het Marili in haar ouderdomsgroep die Makhulu 5 en Miami Mountain Bike Challenge gewen.

Sy het ook aan die Suid Afrikaanse Cross-Country Olympicsreeks in vier van die vyf kompetisies deelgeneem; sy ‘n tweede plek in Nelspruit verwerf, ‘n eerste plek in die Kaap, ‘n derde plek in Pretoria en ‘n tweede plek in Bloemfontein.

Met haar puntetelling van al vyf die kompetisies was Marili as die top fietsryer in Suid Afrika vir die Cross-Country Olympics Bergfietsry in haar ouderdomsgroep gekroon. Sy is ook die eerste Suid-Afrikaanse kampioen wat van Limpopo af kom.

Sy ry tans in die o/10-nippers vir meisies en haar droom is om aan die Wêreldreeks deel te neem en daar ook as kampioen gekroon te word.

Marili gaan aan die skolereeks deelneem op 23 Julie, sy het laasjaar dié reeks gewen en mik om weer die jaar die eerste plek in te palm. Sy gaan verder aan die Individuele Suid-Afrikaanse Kampioenskappe wat later in Julie in Pietermaritzburg plaasvind, deelneem.

Sy daag ook al die skole in Limpopo uit om deel te neem aan die Spur Skolereeks. Enige skool wat graag ‘n span wil inskryf in die reeks kan vir Johan van Dijkhorst kontak op 082 740 8740.

Marili Nel wys trots die vier medaljes wat sy tydens die Suid-Afrikaanse Bergfietsreeks verower het.
Marili Nel wys trots die vier medaljes wat sy tydens die Suid-Afrikaanse Bergfietsreeks verower het.

calvyn@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button