Local NewsNewsSchools

Heuwelkruin se Bergbou en huisdag steel die kollig

Een van die Mnr. en Mej. Heuwelkruin finaliste se take is om berge uit klere en ander skenkings te bou wat later aan behoeftige mense oorgehandig word

POLOKWANE – Die projek staan bekend as Bergbou en het hierdie jaar terselfdertyd as die Heuwelkruin Huisdag op Woensdag, 22 Junie plaasgevind.

Die skool is in drie huise opgedeel naamlik Deimos, Triton en Phobos. Gedurende huisdag ding dié drie huise mee op verskillende vlakke om te kyk wie die beste vaar.

Hierdie jaar het die leerders teen mekaar netbal gespeel en ook teen die onderwysers hokkie gespeel. Die netbalwedstryde is gewen deur Triton, en die onderwysers het die leerders tydens die hokkiewedstryd met 1-0 geklop.

Triton se berg klere het aan die einde van die dag die hoogste gestaan en hulle is as die wenners aangewys.

 

maretha@nmgroup.co.za

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button