NewsSchools

[VIDEO] Oosskool leerders samel fondse in vir o/12 netbaltoer

As deel van die fonds insameling is leerders genooi om deel te wees van 'n Funky Hair Day en die span het kelner gespeel...

POLOKWANE – Menigte jong skoolmeisies se hoofsport is netbal en almal wat deel is van ‘n span droom daarvan om aan groot kompetisies deel te neem

So geleentheid het die o/12-netbalspan van Oosskool te beurt geval toe hulle gekies is om gedurende die Julie-skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Netbal Kampioenskappe deel te neem.

Vir hierdie gebeurtenis het die meisies ‘n groot bedrag geld nodig en het hulle verskeie pogings aangewend om fondse in te samel.

Op Dinsdag, 22 Junie is leerders van Oosskool genooi om deel te wees van ‘n Funky Hair Day. Vir ‘n klein fooi kon leerders hul hare met allerande items versier. Leerders was uitspattig en het onder andere balonne, spinnekoppe, knope en selfs sprokieskarakters in hul hare gesit.

Die netbalspan meisies het daardie aand by Amarillo Spur, Mall of the North, gaan kelner speel.

Die groep was opgewonde en kon nie wag om hul ouers, onderwysers en ander kliente te bedien nie. Gou-gou het die meisies elk ‘n kelner gekry om hulle touwys gemaak.

“Tannie, dit is vreeslik lekker om kelner te wees,” vertel Leandi Kriel, een van die netbal meisies.

maretha@nmgroup.co.za

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button