Bosveld NewsNews

Parke kry aandag

Die Mokopane in Krisis Projek gaan volstoom voort om die dorp op te knap en só te verseker dat Mokopane weer sy spogstatus beklink.

MOKOPANE – Die projek is vroeër vanjaar deur die Mokopane Besigheidskamer op die been gebring nadat die Mogalakwena Munisipaliteit vir ‘n maand deur optogte tot stilstand geruk is.

Die gemeenskap het saam gestaan en hulle beursies oopgemaak. Met die hulp van Yolandé Coetzee en Korny Dekker, DA Raadslede, is die rommel wat die strate vol gelê het, in ‘n japtrap verwyder.

Na ‘n ultimatum onlangs aan die munisipale werkers gestel is,of hulle keer terug na hul poste of hulle word afgedank,is die munisipaliteit weer terug op koers.

Dekker en Coetzee vertel dat die Mokopane in Krisis Projek steeds voortgaan en dat hulle tans besig is om met die fondse wat oor is die parke in die dorp ‘n nuwe voorkoms gee. Hulle het reeds ‘n menigde van die parke se gras laat sny en die vullis is verwyder. Hulle beoog om met die hulp van die gemeenskap die klimrame te herstel en te verf.

Dekker en Coetzee sê: “Ons is dankbaar om deel van ‘n gemeenskap te vorm, wat kan saamstaan, wat nie bang is om hulle moue op te rol en die bul by die horings te pak nie. Ons salueer elke besigheid en al die individue wat al ‘n gebied in die dorp aageneem het. Sáám is ons sterker.”

Diegene wat ‘n bydrae tot die projek wil maak, kan die Besigheidskamer by (015) 491 8458 kontak, of Coetzee by 079 273 7986 of Dekker by 082 878 1502 bel.

redaksie.bosvelder@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button