Local NewsNews

‘Elke minuut saam met my kinders is net ‘n plesier’

Op die ryp ouderdom van 43 het Angelo Kritzinger op 8 Junie vir die eerste keer pa geword.

POLOKWANE – “Ek was voorheen getroud met ‘n vrou wat reeds kinders gehad het, en dus nie nog kinders wou hê nie.”

Verlede jaar het hy egter vir Kimmie ontmoet. Kimmie het reeds ‘n tweejarige seuntjie, Jordan, en Angelo vertel dat pa wees vir hom heel natuurlik kom. “Ek het gelukkig baie oefening gekry met die wat ek by my sussie gebly het toe haar kinders nog klein was. Die moeilikste deel van pa-wees, is dat jy heeltyd hoop om die beste vir jou kind te gee en die beste pa te wees. Die maklikste deel is om ja te sê wanneer Jordan vir iets vra. Jordan ‘n manier om iets te vra wat mens se hart laat smelt. Die lekkerste van pa wees is wanneer jou kind bly is om jou te sien.”

Angelo erken dat daar niks slegs aan pa wees is nie en dat elke minuut net ‘n plesier is. “Dit is soms moeilik om gefokus te bly op jou werk as jy weet jy wil eintlik by jou kinders wees.” Hy vertel dat hulle dalk later sal probeer vir ‘n dogtertjie, maar dat hy sy tyd met die twee seuns nou eers gaan geniet.

Angelo Kritzinger saam met Jevon se ouboet, Jordan.
Angelo Kritzinger saam met Jevon se ouboet, Jordan.

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button