BlogsOpinion

‘n Mens moet jou baba los dat hy self loop ontdek

Om te leer loop is 'n belangrike mylpaal en ouers en hul baba se lewens.

Rika Terblanche van Babagym Polokwane gesels oor dié belangrike mylpaal en hoe ouers hul kinders kan help om makliker te leer loop.

As ‘n baba reg gekruip het, het sy heupe goed genoeg ontwikkel om sterk genoeg te wees vir die loop aksie. Soos tevore gesê, moet ‘n baba ten minste 50 000 kruip-aksies gee, dit is sowat drie maande se kruip, om die spiere sterk genoeg te maak.

‘n Loopring veroorsaak dat die baba sy gewig te vroeg op die bal van sy voete sit. Ook leer die baba op sy tone loop wat sy kuitspiere se ontwikkeling beïnvloed. Die baba se voete moet die baba se gewig kan dra voordat hy loop. As hy sy tone intrek is hy emosioneel nog nie reg om te loop nie.

‘n Baba moet sywaarts kan kruiploop, oftewel ‘kraploop’, voordat hy kan loop sonder om vas te hou. As ‘n mens hom optrek dat hy op sy voete staan, kry hy bykomende krag. ‘n Baba moet kaalvoet loop sodat sy voetjies kan voel waar hulle op die aarde is. Wanneer hy kaalvoet loop buig en strek sy voet onbelemmerd en oefen hy sy tone.

Met die wieg-aksie wat die baba uitoefen kry hy na ‘n paar dae genoeg selfvertroue om teen meubels aan te leun en sé te loop. Sodoende bou hy ‘n stewige breinpaadjie op en wanneer die brein die boodskap kry, kry die baba die selfvertroue om sy ouers se hande of meubels te los.

Terwyl die baba gekruip het, het hy baie oefening vir sy heupe en knieë gegee en sy gewrigte en spiere het sterker geraak. Wanneer die baba staan en wieg kry die brein ‘n blits-kursus in proposisie. Die natuur beskerm die baba deur sy gewrige sterkte te maak want as spiere oormatig gebuig is, is die skeletspiere swak.

Met baie herhaling en aanmoediging sal jou baba nou sy eerste tree gee. As een van die vorige mylpale nie bereik is nie, sal jou baba sukkel om te loop. Wanneer hy ook te vining gewig aansit, gaan hy ook sukkel. ‘n Mens moet jou baba los dat hy self loop ontdek. ‘n Ouer hoef nie alles te weet nie, hy moet net weet wie om te vra. Dit is spanwerk.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button