NewsSchools

PLS en Osies in bloedskenkstryd

Junie is Nasionale Bloedskenkmaand en die twee grootste laerskole in die stad, Laerskool Pietersburg (PLS) en Oosskool kom hierdie maand teen mekaar te staan met 'n bloedskenkkompetisie.

POLOKWANE – Die skenkings vind plaas op 14 Junie by PLS vanaf 08:00 en op 23 Junie by Oosskool vanaf 08:00. Aïda Polokwane is weer hierdie jaar by die bloedskenkkompetisie betrokke, asook JCB Limpopo; hulle dien as borge.

Suid-Afrikaanse Nasionale Bloed Diens Skakelbeampte Dottie Pinn, het met Review gesels oor hierdie jaar se kompetisie. “JCB leen vir elke skool twee grondverskuiwingsmasjiene (TLB’s) vir die dag van die kompetisie. Een TLB is vir skenkings van klere en nie-bederfbare kos wat aan minderbevoorregtes geskenk gaan word. Die ander TLB gaan vir ‘n kompetisie gebruik word.

“Skenkers gaan die geleentheid hê om ‘n rooi polistireenbal in die TLB-bak te gooi. Die skool met die meeste balle in die TLB-bak aan die einde van die dag, is die wen-skool.”

Aïda sal aan die wenklas wat die meeste skenkers bring ‘n kontantprys gee,” verduidelik sy.

maretha@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button