Local NewsNews

Houtwerkskatte langs die pad

Ry 'n mens op 'n Saterdagoggend in Veldspaatstraat, naby die treinspoor, is die kanse baie goed dat jy dié twee goeie vriende, Marius Nel en Gerrit du Plessis, met hul bakkie en houtornamente wat hulle maak en verkoop, daar sal sien.

POLOKWANE – “Ons maak ornamente en meubels uit hout wat ons dan verkoop om ons inkomste aan te vul. Ek en Marius maak en verkoop die houtwerk al vir die afgelope vyf jaar,” vertel Gerrit.

Dié twee vriende het ‘n paar maande gelede na die stad verhuis waar hulle instandhoudingswerk doen en op Saterdae hulle houtwerk verkoop.

“Ons kry die materiaal wat ons gebruik van oral af. Ons gaan stap gereeld in die veld op die plot waar ons bly waar ons dan hout kry wat ons gebruik. Ons herwin ook items wat ander mense weggooi,” voeg Marius by.

Hulle het ‘n verskeidenheid sae waarvan hulle gebruik maak, maar kom sonder ‘n draaibank klaar wat hulle werk ‘n bietjie meer tydsaam maak.

“Die klein ornamente is heelwat makliker om te maak as die meubels. Elkeen van ons projekte is uniek en dít is hoekom mense so graag by ons koop,” sê Gerrit met trots.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button