Local NewsNews

Bloedskenkers is JJ se helde

"As dit nie vir die skenkers was nie, het ek nie meer vandag gelewe nie."

POLOKWANE – Bloedskenkers is die helde van die samelewing omdat hulle onbaatsugtig elke 56-dae bloed skenk met die hoop dat hulle iemand se lewe kan help red.

Só ‘n geval het met JJ Masser gebeur nadat hy in ‘n gru-ongeluk betrokke was en wie vyf eenhede bloed nodig gehad het.

“As dit nie vir die skenkers was nie, het ek nie meer vandag gelewe nie,” sê ‘n dankbare JJ.

“Ek was die aand van 22 Februarie 2015 in ‘n ongeluk waarin ek my bakkie gerol het. Ek het my rug op 13 plekke gebreek en is per helikopter na Mediclinic Muelmed in Pretoria geneem waar ek in ‘n mediese koma gehou is sodat ek nie kon beweeg en my beserings vererger nie,” verduidelik hy die nagevolge van sy ongeluk.

JJ vertel dat hy vir vier maande in intensiewesorg gehou is waartydens hy vyf eenhede bloed ontvang het.

“Voor die ongeluk was ek ‘n gereelde skenker en die oomblik wat ek weer kan skenk, sal ek beslis. Ek is tans net op medikasie wat verhoed dat ek nie kan bloedskenk nie. Ek is onbeskryflik dankbaar vir die mense wat ‘n paar minute van hulle dag opoffer om bloed te skenk en te help om lewens te red. As hulle nie so onbaatsugtig was nie sou ek nie vandag hier gewees het nie. Ek lewe as gevolg van hulle.”

JJ is op 28 Mei 2015 ontslaan en hy moet vir twee jaar medikasie neem om die herstel van sy traumatiese breinbeserings aan te help, maar hy het uit die hospitaal kon stap as gevolg van die helde wat gereeld bloed skenk.

maretha@nmgroup.co.za

 

Related Articles

Back to top button