Local NewsNews

Hoë druk op nie-winsgewende instansies

Review het met 'n paar nie-winsgewende organisasies gesels oor hoe die huidge finansiële situasie in Suid-Afrika hulle raak.

POLOKWANE –  Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) Limpopo se Gemeenskapsmobiliseerder, René Robberts, sê die feit dat hulle minder geld inkry is ‘n groot probleem.

“Ons moet steeds ons standaard handhaaf. Die pasiënte vra ook nou meer vir afslag en ons vra al reeds baie minder vir privaat pasiënte. Hulle sukkel ook om die benodigdhede soos doeke te koop al is ons baie goedkoper as die handelaars in die stad.”

Die gemiddelde Suid-Afrikaner gaan gebuk onder finansiële druk nadat kospryse in November gestyg het.

Christa van der Walt, Direkteur van Eeufeeshuis, vertel dat die stygende kospryse hulle ook beïnvloed.

“Ons kom agter dat ons nie meer kan koop wat ons voorheen gekoop het met dieselfde hoeveelheid geld nie. Ons is in die bevoorregte posisie om gereeld van ‘n boer vrugte en groente te kry en ook om vleis teen feitlik kosprys te kry.

“Tog voel ons die kosprysstyging wanneer ons wel gaan inkopies doen. Meel kos nie meer wat dit gekos het nie, brood, pasta en rys is ook duurder,” vertel sy.

Daar is wel mense wat gereeld skenkings maak en Christa wil namens Eeufeeshuis die skenkers hartlik bedank vir hul goedhartigheid.

“Die verhoogde kospryse sedert November het ons hierdie jaar sleg gevang. Ons het nie regtig begroot vir die groot verhoging in kospryse nie. Dit het ons baie beïnvloed en ons kontantvloei het vinnig gekrimp,” vertel die bestuurder van ‘n plaaslike tehuis.

Sy vertel dat hul kostrollie aan die einde van Januarie R1 500 meer gekos het as die vorige maande. Van die inwoners sukkel ook om hul finansiële bydrae by te bring en dit beïnvloed die tehuis se koop keuses.

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button