Local sportSport

Kom oefen saam ons elke Woensdag – Reon Coetzee, klub president

Die Flying Rabbits Veerpyltjieklub is ‘n hegte groep mense wat ‘n liefde vir dié sport deel.

POLOKWANE – Hulle lede lewer puik prestasies omdat hulle so ‘n goeie ondersteuningsnetwerk het.

Elke Woensdagaand, van 18:30 tot 22:00 daag die lede op by die klubhuis waarna hulle in groepe verdeel en teen mekaar speel.

Reon Coetzee is die klub president en het bietjie gesels oor die verrigtinge by die klub.

“Ons het op die oomblik slegs ‘n A-, B-, en C-afdeling vir mans, maar ons beoog om afdelings vir juniorspelers en vroue aan te bring indien hulle by ons aansluit. Ons is ‘n klub wat hegte vriendskapsbande smee en daar is altyd ‘n gesellig atmosfeer as ons bymekaar kom en daar is altyd plek vir nuwe lede om by ons aan te sluit,” vertel Reon.

Indien enige iemand sou belangstel om by die klub aan te sluit, kan hulle vir Barend by 082 555 0384 kontak.

maretha@nmgroup.co.za

Related Articles

Back to top button