BlogsOpinion

Die voorreg om te mag glo

Te midde van . . . Die lewe is ‘n muntstuk, dé ek baie kere. Maar dit bly waar.

Elana Greyling

Die lewe is ‘n muntstuk, dé ek baie kere. Maar dit bly waar.

Ek luister na my ryk vriende met hull jetset leefstyle. Hulle meet hulle kinders se mylpale in wêreldstede of – monumente. “Jonathan het sy eerste tand in Singapoer gewissel.’. “Nadia het ‘n song geskryf oor ons somer in Frankryk.” So hou dit aan tot jy weet waar.

Nou die dag se ‘n vriendin uit Abu Dabhi die mense daar ken nie Afrika se swaarkry nie. Nog een in Australie vertel van hoe veilig dit is waar hulle woon. Dit klink soos SA in die sewentigs! Ek hoor hoe nice dit daar is en hoe wonderlik dit doer is.

En toe vertel ek my vriendin hoe my kinders hulle skaam as ek in die  winkel “Hoe lui die Paasfeesklokke” hardop sing. Dis nie iets wat sy in Nieu Seeland sal doen nie. By haar werk is sy een van drie Christene uit 150 werknemers. Sy vertel dat veral die kinders in die openbare skole swaar kry. Die Maori-geloof is al wat in die plaaslike skool onderrig word. Die Christenkinders staan uit, vertel sy, in ‘n land waar uitstaaners nie geduld word nie.

Die week het ons weer gehoor van gesinne wat in ‘n park in Pakistan moes sterf vir hul Paasfees vieringe. Elke dan en wan kry ek vreesaanjaende sms’e wat vertel van die marteling van Christene in ‘n verre land.

Ek wil net vandag dankie se. In ons land is daar soveel dinge wat nie reg is nie. Daar’s heelparty wat sommer net pleinweg verkeerd is. Ons kry swaar, ons het droogte, inflasie, misdaad, dwelms in die skole en armes wat al hoe meer en al hoe armer word. Daar is baie swaar in Afrika en ook in ons land.

Maar ons het sonskyn, braaivleis (al is dit net ‘n piepklein worsie of ‘n hoenderboudjie), iewers ‘n bosveld-vuurtjie wat brand, kinders wat nog genoeg omgee om hulle vir ouers te skaam, en ons mag nog glo en kliphard sing: “Kom hoor die Paasfee-klokke, Die Heer is uit die graf!”

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button