NewsSchools

Skoolhoofde dink so bietjie terug na die 1st Bosveld Intervarsity

Hoër Tegniese Skool Tom Naudé asook Hoërskool Pietersburg (PHS) se skoolhoofde gesels oor wat hulle visie vir die opkomende wedstryde is en wat hulle onthou van die vorige Intervarsities.

POLOKWANE – Die BB Motor Group Bosveld Intervarsity se datum sluip stadig maar seker nader.

Tom Naudé se Skoolhoof, Piet Holtzhausen.
Tom Naudé se Skoolhoof, Piet Holtzhausen.

Piet Holtzhauzen, Skoolhoof van Tom Naudé, sê Ferdie Preller het destyds net hoof geword van Tom Naudé met die eerste Bosveld Intervarsity.

Met die eerste wedstryd tussen die Tommies en Pieties het hy gesê: “Dit voel soos ‘n Intervarsity.”, en daar was die Bosveld Intervarsity gebore.

“Die naam het vasgesteek en die daaropvolgende jaar was dit weer tyd vir die gewone aanslag tussen die twee skole se spanne.

“Ek was toe nog ‘n afrigter vir die o/14-rugbyspan. In 1984 het ek en Flip de Bruin die eersterugbyspan afgerig wat my eerste voorsmakie van groot druk was.

“Die jaarlikse wedstryde het later van tyd gegroei tot die formaat wat dit nou is met verskeie sportsoorte waaraan die twee skole teen mekaar deelgeneem het.

“Ons kan nie wag vir die groot dag op 21 Mei wanneer die Bosveld Intervarsitybeker weer sy verskyning gaan maak en ‘n jaarlikse instelling gaan word nie.”

Hoërskool Pietersburg se Skoolhoof, Willie Schoeman.
Hoërskool Pietersburg se Skoolhoof, Willie Schoeman.

Willie Schoeman, PHS se Skoolhoof vertel: “Om die Bosvled Intervarsity weer te laat plaasvind was een van my doelwitte toe ek in 2008 as hoof by PHS aangestel is.

“PHS is ‘n skool wat ryk is aan tradisies. ‘n Skool se wortels is in sy tradisies gevestig en omdat die Bosveld Intervarsity so ‘n groot deel van die skool se geskiedenis vorm, is ons baie opgewonde oor die feit dat dié tradisie van etlike dekades weer sy plek gevind het.

“Ons wens graag vir Tom Naudé sterkte toe met al die reëlings. Volgende jaar is dit ons beurt, maar Tom Naudé moet weet, ons ruk op 21 Mei met alles en almal wat ons het, op na hulle toe. Ons gaan nie jammer wees nie.”

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button