School sportSport

Skryf 21 Mei nou in jou dagboek: HTS vs PHS

Die opwinding is reeds tasbaar onder leerders, personeel en ouers van die verskillende skole te heers.

POLOKWANE – Die BB Motor Group Bosveld Intervarsity Beker word na ‘n tydperk van 12 jaar weer vanjaar aangebied.

Dié geleentheid sal plaasvind tussen spanne van die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé (HTS) en Hoërskool Pietersburg (PHS).

Die opwinding is reeds tasbaar onder leerders, personeel en ouers van die verskillende skole te heers.

Die Bosveld, soos hy algemeen bekend staan, is in 1981 die eerste keer deur Ferdie Preller, destydse skoolhoof van HTS Tom Naudé begin.

Hy het die dag begin om ‘n wedstryd teen PHS te skep waarin spanne op die sportveld teen mekaar kon meeding.

Die dag, op 21 Mei, bestaan uit veel meer as net rugby. Die voorafgaande Woensdag word skaak, jukskei en moontlik sokker gespeel, terwyl die Saterdag gaan bestaan uit rugby- en netbalwedstryde.

Selfs die onderwysers van beide skole gaan op die rolbalbaan mekaar die stryd aansê. PHS het wel tydens die laaste wedstryd in 2004 die beker gewen met ‘n telling van 38-6, maar dit dien as aansporing vir die Tommies om uit te haal en te wys tydens vanjaar sewedstryde, 12 jaar later, op hulle tuisveld.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button