Bosveld SportSport

Atlete van Piet Pot staan nie terug vir sterk kompetisie

Hoërskool Piet Potgieter se atlete het verlede Vrydag by 'n vriendskaplike atletiekbyeenkomste weer gewys hulle is gereed vir die Bosveld Interhoër op 27 Februarie.

MOKOPANE – Hoërskool Piet Potgieter se atlete het verlede Vrydag by ‘n vriendskaplike atletiekbyeenkomste weer gewys hulle is gereed vir die Bosveld Interhoër.

Die Bosveld Interhoër sal op 27 Februarie by Hoërskool Hans Strijdom op Mookgophong gehou word.

Resultate van vydag se atletiekbyeenkomste

• HPP het met 781 punte

• Hoërskool Ellisras (581 punte) en

• Hoërskool Nystroom (522 punte).

• Hoërskool Louis Trichard (513 punte).

HPP atlete sorg vir nuwe rekords:

• Peter Tau het in die 800 m vir seuns o/19 vir ‘n nuwe rekord gesorg

• Pontsho Ngobeni in die 3 000 m vir seuns o/19 en

• Lachelle de Beer het die 90 m hekkies vir meisies o/14 in 15.20 sek. kafgedraf. Die ou rekord was 15.80 wat in 2011 opgestel is.

Piet Pot se top tien atlete van die byeenkoms is:

Wilma Nel – gewigstoot meisies o/14 met ‘n afstand van 11,94 m.

Luzaan Taljaard – gewistoot meisies o/16 met ‘n afstand van 11,8 m.

Mirieck Griessel – gewigstoot meisies o/19 met ‘n afstand van 10.70 m

CG Kruger – 110 m hekkies seuns o/16 in ‘n tyd van 15.00 sek.

Pontsho Ngobeni – 3000 m seuns o/19 met ‘n tyd van 09:15.10 sek.

Lachelle de Beer – 300 m hekkies meisies o/14 in ‘n tyd van 49.60 sek.

Gabriella Coleman – gewigstoot vir meisies o/19 met ‘n afstand van 09.37m.

Johnty Darvall – 110 m hekkies seuns o/17 in ‘n tyd van 15.10 sek.

Soné Kapp – gewigstoot meisies o/14 met ‘n afstand van 09.18 m.

Sello Nyawene – 3000 m seuns o/19 in ‘n tyd van 09:23.70 sek.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button