Bosveld NewsNews

VS-voetbalspeler by AGS

Die wêreldbekende senter van die Philadelphia Eagles voetbalspan, Barrett Jones, kom kuier op Sondag, 14 Februarie in Mokopane by die AGS Groeipunt Gemeente.

MOKOPANE – Die wêreldbekende senter van die Philadelphia Eagles voetbalspan, Barrett Jones, kom kuier op Sondag, 14 Februarie in Mokopane by die AGS Groeipunt Gemeente te Pretoriusstraat 102 om 09:00.

Die bekende Nasionale Voetbal Liga (NFL) speler is nie net ‘n krag om mee rekening te hou op die veld nie, maar ook af van die veld, waar hy trots sy Christenskap uitleef.

Barrett tesame met Koos en Jenny Basson, van IMD Africa ‘n sendingsorganisasie, kom verskeie skole en plase in die omgewing besoek tot 16 Februarie.

Barrett het in 2011 sy graad in rekeningkunde met lof geslaag en het ook in 2012 sy meestersgraad voltooi. Hy is betrokke by verskeie gemeenskapsprojekte en het in 2012 die Wuerffel trofee ontvang vir sy uitmuntende prestasie op die sportveld, in die akademie en vir sy betrokkenheid by gemeenskapsprojekte.

Barret Jones sê hy wil ‘n naletenskap skep waar hy bekend staan as Barret Jones, ‘n Christen wat toevallig uitblink op die sportveld en nie as ‘n voetbalspeler wat toevallig ‘n Christen is nie.

Kom luister Sondag saam na sy ongelooflike lewensreis.

Vir meer inligting kan Pastoor Richard Vigus gekontak word by 082 442 2350.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button