School sportSport

Pieties klief deur water

Hoërskool Pie-tersburg (PHS) se swemspan het verlede Saterdag aan die Limpopo Top 10 Hoërskole Gala by die Polokwane munisipale swembad deelgeneem en goed gevaar.

POLOKWANE – Hoërskool Pie-tersburg (PHS) se swemspan het verlede Saterdag aan die Limpopo Top 10 Hoërskole Gala by die Polokwane munisipale swembad deelgeneem en goed gevaar.

Die program het uit 52 items bestaan en PHS het 21 eerste plek-ke, sewe tweede plekke en 19 derde plekke behaal. Agt van die 13 nuwe Limpopo rekords is ook deur swemmers van PHS opgestel.

Volgens die FINA (Federation Internationale Natation Amateure) puntestelsel, ‘n internasionale puntestelsel wat alle swemsporte reguleer, het PHS sewe uit die 10 beste prestasies van die dag behaal.

PHS se prestasies sluit in:

• Ude Fuchs: beste prestasie in die 50 meter vlinderslag vir junior seuns, junior Victor Ludorum, algehele beste prestasie van die byeenkoms.

• Jacques Janse van Rensburg: beste prestasie in die 50 meter vlinderslag vir senior seuns, senior Victor Ludorum.

• Sule van der Merwe: beste prestasie in die 50 meter vlinderslag vir junior meisies, junior en senior Victrix Ludorum.

• Lizani Bester: beste prestasie in die 50 meter borsslag vir senior meisies.

Hoërskool Ben Vorster se meisiesspan het as wenners uit die stryd getree met PHS se meisies tweede en Hoërskool Piet Potgieter in die derde plek.

PHS se seunsspan is aangewys as die wenners van die gala met die seuns van Hoërskool Ben Viljoen in die tweede plek en Ben Vorster in die derde plek.

Uitslae:

1. Hoërskool Pietersburg – 623 punte.

2. Hoërskool Ben Vorster – 574 punte.

3. Hoërskool Ben Viljoen – 567 punte.

4. Hoërskool Piet Potgieter – 530 punte.

5. Hoërskool Ellisras – 255 punte.

Related Articles

Back to top button