CrimeNews

Verkrag vir R30

Vrou is verkrag en beroof in die vroeë oggendure (Woensdag)

POLOKWANE -‘n Vrou wat in die vroeë oggendure Woensdagoggend in Welgelegen verkrag is, kon spoedig die nodige hulp kry danksy die optrede van dié gebied se Gemeenskapspolisiëringsforum (Edwel).

Volgens Edwel is daar by die vrou se huis ingebreek, waarna sy verkrag is.

Haar aanvaller het R30 asook haar selfoon gesteel.

Sy het teen 05:40 ‘n motoris se aandag in Dap Naudé Rylaan kon trek, vir wie sy gevra het om die noodnommer te skakel waarna Edwel gereageer het.

Die polisie se AO Lesiba Ramoshaba het bevestig dat die polisie ‘n verkragtingsaak ondersoek, asook dié van huisbraak en hy maan mense wat kennisdra van die voorval om na vore te kom en met die polisie in verbinding te tree.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button