NewsSchools

Linn-Mari sê sy is reg vir universiteit

Linn-Mari de Beer is aangewys as die top dramastudent in die landswye Curro groep.

POLOKWANE – Vir ‘n analitiese mens is dit dikwels moeilik om dramaklasse te loop, maar dít is juis wat veroorsaak het dat dit Linn-Mari de Beer, ‘n matrikulant van Curro Heuwelkruin, dié vak so geniet.

“Ek is ‘n wit of swart mens, dus het drama my uit my gemaksone geneem en my vrye teuels gegee om te wees net wie ek wil wees. Dit was vir my ‘n interessante volronde vak wat my na plekke geneem het waaroor ek net kon droom. Ek het ook my skoolloopbaan met drama as my beste vak afgesluit. Ek het 100% verwerf vir my monoloog in my praktiese eindeksamen en is ook aangewys as die top dramastudent in die landswye Curro groep. Dit alles te danke aan Juffrou Nicole Senekal.”

Linn-Mari sê aangesien haar ma ‘n onderwyser was en sy altyd juffrou-juffrou gespeel het, wou sy graag ook ‘n onderwyser word, maar het later besluit om regte te studeer in Stellenboch.

“Om my akademie, sosiale lewe en buitemuurse aktiwiteite te balanseer was nie moeilik nie. In Heuwelkruin is dit die eerste les wat jy leer, jy moet alles kan doen en jy moet dit goed kan doen. Deur goeie beplanning en medeKruinie-ondersteuning is alles moontlik.”

Behalwe vir netbal en atletiek het sy drama as buitemuurse aktiwiteit beoefen. “Van tong en taal, tot Robin Hood tussendeur is daar maar min tyd vir iets anders,” skerts sy.

“Dit is belangrink om deel te neem aan sport en buitemuurse aktiwiteite. Ons brein is soos ‘n weegskaal, indien jy die een kant te swaar laai met akademie gaan hy sink, maar sodra jy die ander kant vul met sport en ander aktiwiteite hou hulle mekaar bo. Balans is belangrik.”

Linn-Mari sê vorige uitblinkers van haar skool het as haar rolmodelle gedien. Sy het veral opgekyk na Wilmé Steyn en Lize-Mari Boje.

Linn-Mari vertel dat hulle by die skool gedurig blootgestel is aan gemeenskapswerkprojekte. “Dit het ‘n geweldige impak op my lewe gemaak, en my gewys dat jy ten alle tye dankbaar moet wees vir wat jy het, en jou seëninge moet te tel.”

Oor vyf jaar beplan Linn-Mari om, met twee grade agter haar naam, gereed te wees vir ‘n blink toekoms.

“Dan ook baie dankie vir my ma. Sy het my gedra deur matriek en my geleer deur gebed is alles moontlik.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button