Local sportSport

BJV beloon bobaas skuts vir 2015

Die top mans- en vroueskuts vir die jaar is ook aangewys by hierdie spog geleentheid.

POLOKWANE – Lede van die Bosveld Jagters en Wildsbewaringsvereniging (BJV) se Pietersburg-tak het vanjaar se jaareindgeleentheid en prysuitdeling as uitstekend beskryf.

Hier is terugvoer van die voorsitter, Rudi Myburgh

“Met die lede se aankoms by die BJV Pietersburg-tak saal het hul monde gou begin water.

“Pottie Potgieter van JP Gunsmith en sy wederhelf, Daleen, het nie teleurgestel met die kos wat hulle voorberei en opgedis het nie. En ja, vir ‘n geweersmit ken Pottie sy skaapbraai,” sĂª Myburgh skertsend.

Die top mans- en vroueskuts vir die jaar is ook aangewys by hierdie spog geleentheid:

Vroue:

• Yolandi Jonker – Chasa Intervereniging skietkompetisie toekenning

• Anika Myburgh – Chasa Intervereniging skietkompetisie toekenning

• Hester Myburgh – Toekenning vir haar eersteplek in die Chasa Nasionale .22-randslag sportskiet byeenkoms en ook ‘n Chasa Intervereniging toekenning.

Mans:

• Johan Kapp – Chasa Intervereniging skietkompetisie

• Francois Cilliers – Chasa Gevorderde Jagter-toekenning

• Thomas Grobler – Handwapen-skut van die Jaar en Chasa Intervereniging skietkompetisie

• Quintin Reynolds – Chasa Nasionale Sportskiet Kompetisie wenner in Jaggeweer-afdeling. lid van Intertak skietkompetisie wenspan, eersteplek in Intertakskietkompetisie

• AndrĂ© Jonker – Mansskut van die Jaar naaswenner, derdeplek in Handwapenskut van die Jaar, Chasa Intervereniging skiettoekenning en as lid van die Intertak skietkompetisie se wenspan

• Rudi Myburgh – Mansskut van die Jaar, naaswenner van Skut van die Jaar, derdeplek in Chasa Nasionale skietkompetisie vir .22 randslag-afdeling, lid van Intertak skietkompetisie se wenspan en ‘n Chasa Intervereniging skiettoekenning.

Juniors:

• Roelof Myburgh – Juniorskut van die Jaar asook vir die BJV se seĂ«vierende Intertak-skietspan, Chasa Intervereniging skietkompetisie toekenning en vir sy algehele wen in die Skut van die Jaar kompetisie

• DrĂ© Jonker – Naaswenner in die Juniorskut van die Jaar kompetisie

• Brendon Steyn – Derdeplek in die Juniorskut van die Jaar kompetisie

• Jacques Cilliers – Chasa Intervereniging skietkompetisie toekenning.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button