CrimeNews

OPVOLG: Vermiste man gevind

Nicolette van Zyl is dringend opsoek na haar verloofde, Hannes Oosthuizen (37), wat sedert Sondagoggend vermis is.

LOUIS TRICHARDT – Nicollette van Zyl wat opsoek was na haar verloofde Hannes Oosthuizen het Review vanoggend laat weet dat hy moontlik opgespoor is.

“Hannes is opgespoor, hy het sonder om vir enige iemand te laat weet na sy ouers in Kempton Park gegaan en is tans nog daar. Baie dankie vir almal se hulp, sê van Zyl

 


 

 

LOUIS TRICHARDT – Nicolette van Zyl is dringend opsoek na haar verloofde, Hannes Oosthuizen (37), wat sedert Sondagoggend vermis is.

“Hannes het Sondagoggend vir my gesê hy gaan net gou ry hy is nou weer terug, alles was reg gewees tussen ons,” sê Van Zyl.

Oosthuizen ry ‘n silver Volkswagen golf, die nommerplaat begin met “GP” volgens Van Zyl, maar sy is onseker oor die res. Van Zyl het ook gesê dat Oosthuizen nie sy selfoon, bankkaart, klere of enige iets anders saam met hom gevat het nie.

Van Zyl wil graag vir Oosthuizen die volgende sê indien hy die koerant sou lees:

“My trane hou nie op loop nie, my engel, ek hoor en sien jou nie soos altyd nie. Wanneer jy my roep ‘Nic’s waar is jy my liefie’, ek mis dit en wil dit weer hoor. Kom huistoe asb my engel, ek wag vir jou. Ek weet nie wat gebeur het nie, maar kom asseblief net huistoe. Ek is baie lief vir jou, asseblief bel my of kom huistoe.”

Oosthuizen is nie as vermis by die polisie aangemeld nie.

Indien enige iemand vir Oosthuizen sou gewaar, kontak Van Zyl by (015) 296 4305 of (015) 516 0568.

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button