Local NewsNews

4.5m luislang gevang en na wildreservaat geneem

Tinus Steenekamp het Maandagmiddag op die 4,5 m luislang afgekom toe hulle na 'n vermiste kalf gesoek het.

POLOKWANE – Tinus Steenekamp, ‘n plaasbestuurder op ‘n plaas 20 km buite die stad, het Maandagmiddag op die 4,5 m luislang afgekom toe hulle na ‘n vermiste kalf gesoek het.

Die luislang het die kalf geëet. Die 13 dae oue kalf was met sy ma en die res van die trop by die waterkrip besig om te wei toe die slang hom vang.

“Gewoonlik laat ons nie die kalwers uit in die veld nie, om te verhoed dat hulle deur wilde diere geëet word, maar met die onlangse droogte het ons nie ‘n keuse gehad nie,” verduidelik Steenekamp.

Volgens hom het hulle op die luislang afgekom toe hulle na die kalf gesoek het.

“Toe die koei na haar kleintjie soek het ons besef die kalf is weg. Die koei het by bome gestaan en roep na haar kalf en toe ons nader kom het ons die slang gekry. Ons het die slang gevang en na die Blouberg Natuurreservaat geneem. Dit is die tweede luislang wat ons vang. So ‘n paar jaar gelede was daar ‘n 5 m luislang wat ook ‘n kalf gevang het,” vertel Steenekamp.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button