Local NewsNews

GPF Sektor 2 is al 200 lede sterk

Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Sektor 2 is nog relatief onbekend en voorsiter Johan Retters het dit goed gedink om die sektor bekend te stel sodat mense bewus kan word van dié groeiende reus.

POLOKWANE – Die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) van Sektor 2 is nog relatief onbekend en voorsiter Johan Retters het dit goed gedink om die sektor bekend te stel sodat mense bewus kan word van dié groeiende reus.

Sektor 2 behels die volgende gebiede:

Bendor, Sterpark en Moregloed wat strek van Potgieterstraat tot verby die Mall of the North.

Sedert die ontstaan van Sektor 2 in Maart vanjaar het die ledetal na meer as 200 gegroei.

‘n Paar inligtingspunte oor GPF Sektor 2

• Patrolliespanne bestaan uit 60 lede

• 4 Lede met twee voertuie ry elke aand deur die gebied patrolie

• Daar is 70 radios versprei tussen die inwoners van Sektor 2 wat saans gebruik word vir noodgevalle

(“Die reaksietyd van die GPF-lede is ongelooflik vinnig in tye van nood omdat die lede wis dinge kan baie vinnig gebeur en daar is dus nie kans om tyd te verspil nie.”)

• Sektor 2 se lede maak hulle gesinne en families deel van die GPF

(Só is daar bymekaarkomgeleenthede waar massa patrollies gedoen word waaraan enigiemand kan deelneem. Retters glo dit is belangrik dat kinders ook weet hoe belangrik dit is om betrokke te wees by die GPF en daarom sluit hulle kinders in by die forum sodat hulle van kleins af kan leer en beleef wat verantwoordelikheid in ‘n gemeenskap is. Daar word elke aand veiligheidstoetse oor die radio’s gedoen en kinders word geleer om die radio’s te hanteer en doen saans radioroep.)

• Kinders het ook die sektor se noodnommer op hulle selfone wat die ouers meer gemoedsrus gee.

Die GPF is ‘n vrywillige aksie en daar is geen maandelikse koste om ‘n lid daarvan te wees nie

• Sektor 2 vergader elke Donderdag van 18:00 tot 18:45 oorkant Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) in die parkie.

• Alle lede word op Whatsapp-groepe geplaas om inligting vinnig te versprei.

• Daar is ‘n Facebookblad vir lede van Sektor 2: Polokwane CPF Sector 2.

 

Onder die leiding van die voorsitter, Johan Retters, en ondervoorsitter, Dawie Marais, dra Sektor 2 ook die boodskap uit dat hulle die oë en ore van die GPF en die polisie is en sodoende die polisie help om hulle werk te vergemaklik.

“Ons ondersteun ten volle die polisie en daar is reeds baie goeie samewerking tussen ons. Saam het die GPF en die SAPS al goeie resultate en suksesse behaal – ons sien daarna uit om nog lank saam met hulle te werk en misdaad hok te slaan,” vertel Retters.

Mense wie betrokke wil raak word hartlik genooi om hande te vat in die stryd teen misdaad.

Tydens massapatrollies kry die hele gesin  kans om te sien waaroor die GPF gaan en hoekom dit belangrik is om betrokke te wees in die stryd teen misdaad.
Tydens massapatrollies kry die hele gesin kans om te sien waaroor die GPF gaan en hoekom dit belangrik is om betrokke te wees in die stryd teen misdaad.

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button