Local NewsNews

Rock Hard Music is nou geregistreer om eie CD’s te versprei, verkoop

Die Rock Hard Music School is onlangs geregistreer by die Opname-industrie van Suid-Afrika (RiSA).

POLOKWANE – Die Rock Hard Music School is onlangs geregistreer by die Opname-industrie van Suid-Afrika (RiSA).

“Dit beteken ons kan nou self ons CD’s versprei en het nie nodig om ‘n verspreider te soek nie. Ons kan die CD’s self bemark en verkoop ook. Ons groot uitdaging nou is om ons CD’s aan die musiekwinkels te verkoop,” sê eienaar, JP Duvenage.

Hy vertel hulle skop af met 300 CD’s. Die kunstenaars op die CD gebruik hulle kenmerk, naamlik die B Sharps.

Mia Louw en Leonard Skaap Schaafma het ook bonussnitte op die CD.

“Ons is vreeslik opgewonde en soos wat ons hier gesels word die CD’s gedruk. Ons soek nou ‘n jong vrou om die bemarking vir ons te hanteer.”

Indien die publiek ‘n CD wil aanskaf kan hulle vir Celeste Becker kontak by 081 564 2159.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button