Local sportSport

Sule soos ‘n vis in water

Sule van der Merwe van Eagar Aquatics Professional Swimming Academy het onlangs uitstekend presteer in verskeie swemkompetisies binne en buite die provinsie.

POLOKWANE – Sule van der Merwe van Eagar Aquatics Professional Swimming Academy het onlangs uitstekend presteer in verskeie swemkompetisies binne en buite die provinsie.

By die Limpopo Skole Swem-kampioenskappe het sy nie minder nie as 11 goue medaljes en twee silwer medaljes ontvang en is ook aangewys as die senior Victrix Ludorum.

Sy het ook deelgeneem aan die Waterborn Invitational Gala waar sy drie medaljes – goud, silwer en brons – gewen het.

By die Dischem Sun City Mile het sy deelgeneem aan die myl waar sy ‘n silwer medalje losgeswem het in ‘n tyd van 19:19. In die 3 km by dieselfde byeenkoms het sy ‘n uitstekende negende plek tussen mans en vrouens behaal in ‘n tyd van 38:04 minute.

Dit het ook aan haar ‘n vierde plek in die vroue-afdeling besorg waarvoor sy ‘n goue medalje ontvang het as een van die top 5 swemmers.

“Ek het die byeenkoms en die ander galas baie geniet en is bly dat ek goed presteer het. Ek beplan om vorentoe aan die Bela-Bela Splash en Bosveld Mile deel te neem,” vertel Sule.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button