Local NewsNews

Hulle is al 70 jaar saam en nogsteeds gelukkig

Terwyl sy en Haggie styf langs mekaar op die bed sit - hulle hande in mekaar gevou vertel Hester hoe hulle ontmoet het...

POLOKWANE – “Ons was in April reeds 70 jaar getroud, vertel Hester Haggard.

Terwyl sy en Haggie styf langs mekaar op die bed sit – hulle hande in mekaar gevou vertel Hester hoe hulle ontmoet het…

“Ons het deur my ouers ontmoet,” vertel Hester.

“Wanneer ek naweke tuis was en Haggie gebel het, het hy my altyd tannie genoem en ek het hom nooit reggehelp nie. Een jaar met my verjaarsdag het my ma hom genooi na die partytjie. Aan die een kant was dit liefde met die eerste oogopslag, aan die anderkant nie.

“My hele familie het ligte hare en blou oë en ek het altyd gedink ek soek ‘n man met donker hare. Haggie het ook blou oë en blonde hare, so ek het nie dadelik belang gestel nie,” glimlag Hester.

Sy voeg ondeund by Haggie het in Namibië gebly, so hulle moes maar oor die telefoon vry.

Drie maande na die ontmoeting het hulle verloof geraak en nog vier maande later is hulle in Upington getroud.

“Met die oor die telefoon gevryery, kon almal wie op die telefoonlyn was ons hoor,” lag Hester.

Hulle het drie kinders en Hester erken dit was nie altyd maklik nie.Haggie was dikwels weg met werk.

“Ons het ons swaar dae gehad, ons lag dae en ons huil dae. Solank as wat jy saam met die Here lewe gaan alles met jou goed. Ons glo dat as jy swaar kry bring dit jou nader aan mekaar.”

Hulle het ses kleinkinders en die vierde agterkleinkind is oppad.

“Wanneer ons baklei het, sou ek gedink het: ‘net môre skei ek jou’, maar teen die volgende dag het ek hom dan reeds vergewe. Hy het my al baie kwaad gemaak, maar ek is steeds lief vir hom.”

Hester en Haggie meen hulle het nie ‘n geheime resep vir hulle lang en gelukkige huwelik nie, maar weet die feit dat hulle altyd besig was, en dus nie tyd gehad het vir beuselagtighede nie, het beslis daartoe bygedra.

“Ons het min uitgegaan en eerder in ‘n groep. Na ons aftrede het ons begin toer. As die Here ons bewaar, vier ons April weer fees.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button