Local NewsNews

SIng is Anneke’s passie

My gunsteling eie liedjie is Perfek vir mekaar, wat ook my nuutste liedjie is.

POLOKWANE – Twintig jaar gelede is ‘n engelstem in Potchefstroom gebore. Nou sing Anneke Serfontein ‘n storm los, nie net in Polokwane nie, maar ook in ander dele van die land.

“Ek het my skoolloopbaan in Mafikeng begin en geëindig in Polokwane by Hoërskool Pietersburg. Ek het reeds op 16 jaar begin sing.”

Sy vertel sy wou altyd net sing, haar familie het ook ‘n sterk musikale aanleg. Sy het by JP Duvenage, die eienaar van die Rock Hard Music School, gehoor oor plek by die Rock Hard Music School, maar hulle was ongelukkig reeds vol. Een dag het JP haar egter geskakel en gesê daar is plek vir haar en met daardie oproep het haar droom begin waar word.

“JP skryf my musiek maar dit gaan alles oor my eie lewe. My gunsteling eie liedjie is Perfek vir mekaar, wat ook my nuutste liedjie is. Ek vind baie aanklank by Andriëtte Norman se liedjie, Pêrel vir ‘n kroon, die woorde is baie mooi.”

Sy vertel dat wanneer daar ‘n optrede voorlê oefen sy elke dag vir ‘n uur, maar andersins oefen sy so twee of drie keer ‘n week. Haar grootste verleentheid was in 2015 by die Polokwane Skou toe sy haar woorde vergeet het. Sy is tans ‘n B.Com finansiëlebestuurstudent en werk by ‘n ouditeursfirma in die stad.

“Ek is ook baie betrokke by my kerk en is lief daarvoor om te lees of televisiereekse te kyk. My grootste droom is om mense te vermaak. Ek wil graag hê hulle moet van my hou vir die mens wat ek is en die werk wat ek doen.”

Sy vertel dat sy ‘n goeie ondersteuningsnetwerk het wat bestaan uit familie en vriende en sy weet dat sy nie ver sal kom sonder hulle nie. Haar rolmodel is Riana Nel en sy hou ook van Bobby van Jaarsveld en Dewald Wasserfall.

“Ek geniet dit om Afrikaans te sing. Dit is vir my eg en baie lekker.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button