Local NewsNews

Teaterstuk ‘Pienkvoet’: Ouers leer dat hulle nie alleen is nie

Pienkvoet Pret Polokwane het besluit om die toneelstuk, Pienkvoet, na Polokwane te bring en ouers te wys dat daar sekere goed is wat in elke huishouding dieselfde is vir die eerste jaar na die baba se geboorte.

PPOLOKWANE – Alhoewel baie paartjies dink hulle is reg vir ouerskap, kom ouerskap met uitdagings waarvan hulle nie werklik bewus is nie.

Pienkvoet Pret Polokwane het besluit om die toneelstuk, Pienkvoet, na Polokwane te bring en ouers te wys dat daar sekere goed is wat in elke huishouding dieselfde is vir die eerste jaar na die baba se geboorte.

Die akteurs, Chanelle de Wet (Dez van Egoli) en Paul du Toit (Malan van Binnelanders) vertolk die rolle van Chané en Andries Jacobus Schoeman, ‘n paartjie wat pas ouers geword het.

Die gehoor was nie net vol jong mammas en pappas nie, maar ook oupas en oumas en ouers wat reeds tieners het. Daar was selfs ongetroude paartjies wat ook wou sien waaroor alles gaan.

Op ‘n stadium sê Die Pa vir Die Ma: “Hierdie kind voel niks vir ons nie,” net oor sy heeltyd skree. Pa blameer ook vir ma en ma veg terug deur te sê sy het nie met ‘n handleiding gekom nie. Daarna besluit Pa hy gaan die kind terug gee, maar dit was nie so maklik nie.

Iewers na die geboorte begin die pa wonder. “Hoe weet ek ek is ‘n goeie pa? Sy is al oor die twee maande by ons en sy leef nog,” kom hy met die oplossing.

Terwyl die gehoor skaterlag kom daar kort-kort ‘n stem op wat sê “dis so tipies” of “dit is regtig so”.

Op vyf maande besluit die paartjie om vir Chané-Marie (die baba) by ‘n kinderoppasser te los en uit te gaan, maar dinge het nie verloop soos beplan nie en hulle is vroeg huis toe. Deur die hele vertoning raak die karakters punte aan waarmee elke ouer kan vereenselwig.Tot by die laaste toneel waar mamma gereed is vir nommer twee…

“Dit was ‘n wonderlike sukses en die gehoor het dit vreeslik geniet,” vertel Jackie Strives, van Pienkvoet Pret Polokwane.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button