Local NewsNews

(Video) Christi vertel van haar genesing na skok-siekte

Die dapper tiener is met die lewensbedreigende velsiekte Stevens-Johnson Sindroom gediagnoseer wat organe aantas en lyers letterlik van binne na buite laat brand.

POLOKWANE – Die dapper tiener is met die lewensbedreigende velsiekte Stevens-Johnson Sindroom gediagnoseer wat organe aantas en lyers letterlik van binne na buite laat brand.

Na dae van onbeskryflik pyn is Christi van Zyl (15) egter op 15 September ontslaan en kon op Sondag, 4 Oktober met ‘n PowerPoint voorstelling haar getuienis lewer.

Hier is haar storie….

Video via Taberna Dei Facebook page

Stevens-Johnson Sindroom

Die sindroom tas jou vel en slymvliese aan en word toegeskryf aan die newe-effek van sekere medikasie, infeksie of kanker. Een van die groot sondaars is ‘n bestanddeel wat in verskeie bekende medikasie voorkom soos pynpille, antibiotika en depressiemiddels. Die nagevolge is blindheid, doofheid of selfs die dood.

Christi het onlangs by die dood omgedraai toe sy onwetend allergies was vir voorskrifmedikasie. Christi het juis die siekte opgedoen as newe-effek van medikasie. “Ek was in Julie in die Denmar Psigiatriese Hospitaal in Pretoria en moes anti-depressante neem. Ons het nie die voubiljet gelees nie, wat wel meld daar is die kans om na agt weke dié siekte te kry,” vertel Christi.

“Dit het begin met ‘n fyn uitslag, amper soos ‘n allergie. Toe kry ek sere in my mond en keel en kon skaars eet. Dit was die Saterdag. Ek het ook ‘n hoë koors gehad. Die Sondag het my ouers my dokter toe geneem en is ek met ‘n virale infeksie gediagnoseer.”

Christi het nie herstel nie en teen Maandag het haar ma die dokter gebel. “Die dokter het gesê die medisyne sal nog werk.”

Teen Dinsdag was dit erger en is sy in die hospitaal opgeneem. “Dit was op 2 September en ek het toe reeds blasies regoor my liggaam gehad. Ek is behandel vir waterpokkies, maar dit het my reaksie vererger.

“Daar was blase oral op my liggaam – onder my voete en op my palms. Die blase het later in brandwonde verander waarna met bloedtoetse vasgestel is dat ek Stevens-Johnson Sindroom het. Ek het vir ‘n week lank koors gehad wat soms tot 42° Celsius gestyg het en letterlik van binne gekook. Die blase het elke dag groter en meer geraak. Van die blase was 6 cm groot.”

“Die blase het oor twee dae in 80% tot 90% brandwonde ontaard. Die pyn was onbeskryflik. My ouers het al begin bid dat die Here my eerder moet vat, want dit was net te erg. Ek het vir my ma gesê ek gaan nie gesond word nie.”

Sy kon blind of doof gewees het of self dood gegaan het, maar het genees na vriende en familie vir haar gebid het.

“As die nie vir die Here was nie, was ek blind, doof of selfs dood. Toe maak die Here my gesond.”

Haar vel het nog littekens, maar dit genees. Sy mag nie in die son wees, terwyl haar vel herstel nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button