CrimeEditor's choiceNews

(KLANKGREEP) Nie vir sensitiewe luisteraars nie!! Verkrag en verniel

'n Vrou (29) wat Maandagaand by haar werkplek by 'n Bendor besigheidspark verkrag.

POLOKWANE – ‘n Vrou (29) wat Maandagaand by haar werkplek by ‘n Bendor besigheidspark verkrag.

Die vrou, wie se identiteit beskerm word, is ‘n fiksheidsinstrukteur by Curves, ‘n gimnasium wat vroue as teikenmark het.

Maandagaand net na 18:00, nadat haar laaste kliënt die gimnasium verlaat het, is sy verkrag deur ‘n man wat te oordeel aan handmerke aan die muur en voetspore, vroeër toegang verkry het deur middel van die geute langs die gebou. Van hier het hy deur die venster op die eerste verdieping geklim, waar hy in die badkamer weggekruip het.

Sy vertel sy was teen skemer besig met rekenaarwerk toe haar aanvaller haar mond met sy hand toedruk en ‘n mes teen haar keel hou.

“Hy het gevra vir geld en ek het vir hom alles gegee, my eie en dié van die besigheid,” sê sy.

Hierna is sy in ‘n nou gang ingeforseer waar haar hande en voete met haar skoenveters vasgebind is, waarna sy met ‘n mes teen haar keel verkrag is.

Na die tyd het die man vir haar gesê dat hy “klaar is”, waarna hy geloop het.

“Ek het die veters om my hande losgebyt, en gehardloop om die deur te sluit.”

Voor dit egter kon gebeur, was die man terug. Die vrou, wat ongetroud is, het vir haar aanvaller vertel haar “man” is waarskynlik op pad om haar te kom haal, waarna die man met kontant, ‘n selfoon en haar bergfiets op die vlug geslaan het.

 

Lees in vandag se Review hoe sy hulp gesoek het en by veskeie instansies weggewys is.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button