Local NewsNews

Messemaak ‘n inkomste vir dié twee

KLEINSAKE: Hennie van Aarde en sy vrou, Elaine het nou die geleentheid om 'n inkomste te genereer van hulle stokperdjie na hulle aftrede.

POLOKWANE – Hennie van Aarde en sy vrou, Elaine het nou die geleentheid om ‘n inkomste te genereer van hulle stokperdjie na hulle aftrede.

Na hulle aftrede het Hennie besluit om te begin messe maak. “Ek het op die plaas grootgeword en het altyd ‘n mes by my gehad wat my takies vergemaklik het.” Ek het eers op my eie probeer messe maak, maar gesien as ek ordentlike produkte wil lewer, moet ek vir ‘n kursus gaan,” vertel Hennie.

Nou is Hennie al so gesout dat hy vier of vyf messe op ‘n slag kan maak wat hom omtrent twee weke neem. Die meslemme is van Sweedse staal gemaak. Die handvatsels wissel tussen hout van inheemse bome asook asook buffelhorings en soms ivoor.

Party van die messe het diere op die lemme ingegraveer met ‘n waterspuit. Elaine maak al die sakkies vir die messe.

“Ons stal verkieslik by plaaslike basaars en markte uit. My messe kos tussen R700 vir ‘n biltong messie en R1 300 vir die algemene messe. Ek maak ook biltongkerwers vir R900. “Die messe hou ‘n leeftyd.”

Om Hennie te ondersteun, kontak hom by (015) 298 8910 of elaineva@mweb.co.za.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

Related Articles

Back to top button