Local NewsNews

Dawie Lee, nuwe bestuurder van SAVF

Dawie Lee het verlede Donderdag as die nuwe bestuurder by die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) in Polokwane begin werk.

POLOKWANE – Dawie Lee het verlede Donderdag as die nuwe bestuurder by die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie (SAVF) in Polokwane begin werk.

Hier gaan hy in beheer wees van die Martha Hofmeyr Tehuis en die Vergeet-My-Nie Behuisingskema.

“Ek was verlede week presies agt jaar en vier maande betrokke by die SAVF. Bejaardes lê my na an die hart, so toe ek sien daar word ‘n pos geadverteer het ek onmiddellik aansoek gedoen. Ek het ‘n passie om ‘n verskil in die lewe van bejaardes te maak,” vertel hy.

Hy vertel dat hy oorspronklik ‘n boorling van Tzaneen was en in 1982 by die korrektiewe dienste in Polokwane begin werk het. Hy het teologie by Berea Teologiese Kollege studeer. Tot onlangs was hy die bestuurder by die Kowa Pienaar Tehuis in Germiston.

“Ek gaan hierdie mense vreeslik mis. Dis ‘n tehuis vir gestremde en verswakte bejaardes. Ek gaan natuurlik al my vriende hier ook mis.” Dawie vertel dat hy nog nie regtig planne het met die SAVF Polokwane nie, maar dat hy graag sal wil verbeter as daar ruimte vir verbetering is. Hy sien uit daarna om meer saam met sy familie te kuier en nuwe vriende te maak.

“Die grootste uidaging is seker die feit dat Martha Hofmeyr soveel groter is as die vorige tehuis waar ek werksaam was, en met die behuisingskema ook daarby, is die taak baie intimiderend. Ek is gewoond om een tydelike maatskaplike werker saam met my te hê, en hier is twee permanente maatskaplike werkers. Ek sal ook gewoond moet raak aan al die nuwe dinge.”

Review wens Dawie alle sterkte en sukses toe in Polokwane.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button