Bosveld NewsNews

RWC2015: Verrys uit as, Bokke!

Rugbyliefhebbers in die Bosveld het nog nie handdoek ingegooi vir die Springbokke in die 2015 Rugbywêreldbeker in Engeland nie.

MOKOPANE – Terwyl die land nog rou en die internasionale sportgemeenskap herstel van die reuse-skok het rugbyliefhebbers in die Bosveld nog nie handdoek ingegooi vir die Springbokke in die 2015 Rugbywêreldbeker in Engeland nie.

Dat die nasionale span se pad vorentoe nie maklik gaan wees nie blyk uit gesprekke van Bosveld met plaaslike rugbykenners en -liefhebbers.

Almal is dit eens dat Saterdag se wedstryd teen Samoa deurslaggewend sal wees om die hoop vir die Bokke lewend te hou. Hulle meen Japan het as ‘n onderskatte span uitstekend gespeel. Boonop het die Bokke liederlike foute begaan en het verkeerde spankeuses tot die skoknederlaag bygedra.

Kapt. Deon Botha van die Mahwereleng Polise sê die Japanese se afrigter, Eddie Jones, het sy intieme kennis van Suid-Afrikaanse rugby vernuftig ingespan.

Dié uitgeslape Aussie wat lank die Wallabies afgerig het se ma is ‘n Japanese immigrant van Tasmanië. In 2001 was Jones aan die stuur toe Australië die Drienasies-reeks gewen het, en hy het ook al die Bokke help slyp.

Mauritz Hansen, oud-hoof van Hoërskool Hans Strijdom en rugbygoeroe na wie die gewilde Hansie-rugbyweek vernoem is, voorspel hier kom ‘n interessante Wêreldbeker waar die opkomende rugbylande kan verrras.

Hy wys daarop dat Japan reeds voor die afskop van die Wêreldbeker vir Uruguay in twee toetse verpletter het.

Hansen sê hy hoop die regte Bokspelers sal Saterdag uitdraf en dat die ouer garde eerder op die bank gaan sit.

Hansen se broer, Jas wie skoolhoof van Hoërskool Piet Potgieter is, draai ook nie doekies om nie…

Lees wat hy en skoolhoof, Johan Vertongen van Laerskool Krugerpark te sê het in Bosveld Review

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button