Local NewsNews

Annelise Bothma neem afskeid na 17 jr

Annelise Bothma en haar man, Gerhard, verhuis na Pretoria einde van die maand.

POLOKWANE – “Ek was 17 jaar lank betrokke by die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) en groet hulle nou einde van die maand. Ek en my man, Gerhard, verhuis na Pretoria,” vertel Annelise Bothma.

“17 jaar is ‘n lang tyd. Ek is lief vir alles en almal hier. Om afskeid te neem is nie maklik nie.”

Annelise is in Polokwane gebore en het hier grootgeword

Sy het aan Hoërskool Pietersburg (PHS) matrikuleer en is daarna na die Universiteit van Pretoria waar sy maatskaplike werk studeer het. Dit is by die universiteit waar Annelise en Gerhard ontmoet het, en na beide klaar studeer het, is hulle in 1992 getroud.

“Na ek klaar studeer het, het ek eers by die Christelike Maatskaplike Raad (CMR) gewerk en daarna by Castle Carey. Na ons troue het ons na Polokwane verhuis.”

Nadat die egpaar na Polokwane verhuis het, was Annelise eers huisvrou en tuisbly- mamma van twee kinders wat nou beide studente is. Gerhard is ‘n dominee, so daarby was sy ook predikantsvrou.

In 1998 het sy by die SAVF begin werk as dienssentrumorganiseerder

“Ek het drie jaar later as maatskaplike werker begin werk en was die laaste drie jaar die bestuurder. Dit is heerlik om hier te werk, ek is baie lief vir die oumense. Om bejaard te wees is ‘n fase waardeur almal gaan en sommige van hierdie oumensies is baie afhanklik.”

Sy vertel dat sy deur die jare baie mense ontmoet het wat ‘n indruk op haar gemaak het en hulle merk gelos het. Daar is nie ‘n enkele een wat regtig uitstaan nie.

“Die sleg van hier werk is al die personeelprobleme en dan ook as die mense sterf. Jy raak lief vir hulle en dis soos jou eie familielid wat sterf.”

Annelise sê dat Gerhard nie meer in die bediening is nie en nou ander werk gaan doen. Sy het nog nie werk in Pretoria nie en moet gaan werk soek. Sy vertel dat sy eerder ‘n gespesialiseerde pos wil hê en dat dít nie so maklik is om te kry nie.

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button