CrimeNews

Bankkaartkloning neem toe in stad waarsku polisie

Verskeie instansies en skole het 'n waarskuwing vanaf die Polokwane polisie ontvang en versprei oor die onveilgheid van geld trek by vulstasies in die stad.

POLOKWANE – In die verlede was daar reeds verskeie inwoners wat van hul hard verdiende inkomste ontneem is, nou word inwoners by vulstasies beroof nadat hulle geld by ‘n OTM onttrek het.

Verskeie instansies en skole het ‘n waarskuwing vanaf die Polokwane polisie ontvang en versprei oor die onveilgheid van geld trek by vulstasies in die stad.

Hierdie waarskuwing is ook op die webtuistes van verskeie skole geplaas en lees as volg:
“Ons het inligting van die polisie in Polokwane ontvang dat daar weer ‘n sindikaat in die dorp besig is om mense wat geld by petrolstasies trek, se kaarte om te ruil of te kloon.
Hulle het ‘n spesifieke manier om jou geheime kode te bekom, waarna hulle wegjaag en jou bankrekening by ‘n volgende petrolstasie gaan leeg trek.”

Die waarskuwing was op die webtuiste van Hoërskool Pietersburg

Kaart kloning

• Die kloning van die kaart word met ‘n masjien wat aan die outomatiese teller masjien (OTM) vas is of met ‘n draagbare masjien gedoen.

• Die masjien kloon dan onwettig die inligting op die kaart se magnetiesestrook (geleë op die agterkant van jou kaart) met behulp van ‘n kaart-kloontoestel.

• Dan word die inligting gebruik om ‘n vervalste kaart te druk wat gebruik word om bankrekeninge leeg te trek.

Die polisie het ‘n dringende beroep op inwoners gedoen om eerder van die OTMs in winkelsentrums gebruik te maak.
“Verdagtes vermy gewoonlik openbare plekke wat baie besig is, en met die sekuriteitswagte en kameras in die winkelsentrums is die publiek veiliger,” het kapt. Ntobeng Phala, polisie woordvoerder, gesê.

Hy het bygelas dat die polisie steeds mense afraai om groot bedrae geld te trek by enige OTM en om eerder van internetbankdienste gebruik te maak. Die publiek word ook gewaarsku om nie hulp van vreemde mense te aanvaar by ‘n OTM nie.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button