Local NewsNews

Hanti al 47 jare deel van SAVF

Sy en 'n groep ander mense het besluit om geld in te samel om 'n ouetehuis te bou.

POLOKWANE – Hantie van Staden is sowat 47 jare al deel van die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF).

“Ek het in die Karoo grootgeword en later het ons Pretoria toe getrek. Na skool het my paaie na Polokwane gelei en toe ek hier aankom, besluit ek om deel te word van die SAVF,” vertel sy.

Sy vertel dat hier nie regtig ‘n ouetehuis was nie, maar wel ‘n kraaminrigting wat die bejaardes ook gehuisves het. Sy en ‘n groep ander mense het besluit om geld in te samel om ‘n ouetehuis te bou.

“Ons het eers net twee afdelings gebou en toe ‘n ruk later nog twee. Die Vergeet-My-Nie Behuisingskema het heelwat later gekom.”

Sy vertel dat sy vir 35 jaar sekretaresse was van die SAVF, maar dit moes los toe sy gaan werk het en nie meer genoeg tyd gehad het nie. Sy het wel deel van die SAVF gebly, naweke nog gewerk en op die bestuur gedien en is nou die laaste drie of vier jaar voorsitter.

“My jaar as voorsitter wat verby is was baie goed. Ek het baie goeie ondersteuning en al sukkel ons soms met die unies, het ek ‘n goeie hoofbestuur wat altyd help. Die werk hier is vir my heerlik. Ek is ‘n opgeleide verpleegster en die liefde vir die oumense bly maar altyd daar.”

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button