Local NewsNews

Lephalale familie: ‘Alles het so vinnig gebeur’

Sibreena en haar drie kinders, Kaitlint, Douw en Jayden, asook haar verloofde, Johan Nel, het verlede Vrydagaand by haar pa, José Da Costa, geoornag.

POLOKWANE – Sibreena Da Costa se dogter, Kaitlint (8), het Dinsdagaand in die Mankweng Hospitaal se waakeenheid omstreeks 19:00 aan haar brandwonde beswyk na ‘n brand by haar oupa se huis in Lephalale verlede week.

Kaitlint Da Costa (8) en haar broer, Jayden (1), het erg verbrand.
Kaitlint Da Costa (8) en haar broer, Jayden (1), het erg verbrand.

“Daar is nie woorde nie om die seer wat ek voel te beskryf,” sê Sibreena Da Costa.

 

Intussen veg haar ook erg beseerde boetie, Jayden (1), nog nadat ‘n elektriese kortsluiting vermoedelik die brand veroorsaak het.

Kaitlint het meer as 90% brandwonde oor haar hele liggaam opgedoen. Sy het ook inwendige beserings weens rookinaseming opgedoen.

Hul oupa, José Da Costa, is ook in die hospitaal met erge brandwonde aan sy voete nadat hy sy kleinkinders uit die vlamme gered het.

Da Costa het bevestig dat Kaitlint aan ‘n asemhalingstoestel gekoppel was.

Haar kinders was aanvanklik in Mediclinic Limpopo opgeneem, maar is Saterdag na Mankweng Hospitaal oorgeplaas.

Die nag van die brand

Sy en haar drie kinders, Kaitlint, Douw en Jayden, asook haar verloofde, Johan Nel, het verlede Vrydagaand by haar pa, José Da Costa, geoornag.

Jayden het ernstige brandwonde aan veral sy gesig opgedoen en word steeds in Mankweng Hospitaal se waakeeenheid behandel.

Boland Maartens, ‘n familiewoordvoerder en lid van die Lephalale Polisie se Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), sê dit is nog onbekend wat die brand veroorsaak het, maar ‘n elektriese kortsluiting is vermoedelik die oorsaak.

Da Costa en Nel het saam met Jayden op ‘n bed in ‘n kamer geslaap, terwyl Kaitlint en Douw op matrasse op die grond in dieselfde kamer geslaap het.

“Alles het so vinnig gebeur – die hele voorval is vir my ‘n raaisel,” het Da Costa hartseer vertel. Sy kon vir Douw betyds uit die brandende vertrek kry – hy het geen brandwonde opgedoen nie en is net vir rookinaseming behandel.

Volgens Maartens het oupa José erge brandwonde aan sy voete opgedoen toe hy die vlamme trotseer het om Kailint en Jayden te red. Hy het ook bevestig dat ook Nel brandwonde aan sy linkerarm, regterhand en nek opgedoen het.

“José en Johan is ook opgeneem in Mediclinic maar is Sondag na Mankweng oorgeplaas. Hulle word behandel in die brandwondeenheid van die hospitaal,” het Maartens gesê.

 

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button