Local NewsNews

Só red gemeenskap dam

Inwoners van Louis Trichardt staan onder leiding van twee aparate inwoners saam om te keer dat damme in die dorp se gesogte groenbelt vinnig leeggetap word.

LOUIS TRICHARDT – Inwoners van Louis Trichardt staan onder leiding van twee aparate inwoners saam om te keer dat damme in die dorp se gesogte groenbelt vinnig leeggetap word.

Die gemeenskap het in ‘n massa-aksie met hulle voertuie toegang tot die dam in Industriastraat op 31 Augustus versper. Hulle is gekant teen die onwettige leegtap van dié dam en wil die dorp se groenstrook bewaar en beskerm, aangesien die misbruik die ryk voëllewe en talle diere wat daar nes maak, bedreig.

Marius en Inga Gilfillan het op 21 Augustus die Makhado Munisipaliteit in kennis gestel kontrakteurs pomp sonder die nodige permit water uit die dam in Industriastraat. Die kontrakteurs wie op verskeie plekke in die dorp werk, gebruik die water vir hulle werk.

Makhado se Munisipaliteit het die versekering gegee dit sou stop en om kontrakteurs na alternatiewe bronne te verwys. Dinsdag het Inga Gilfillan kontrakteurs by ‘n ander groenstrookdam gekry, dié keer in Rivierstraat.

Die munisipaliteit ontken die kontrakteurs is daarheen verwys en vra dat mense wie dié oortreding sien hulle onmiddellik moet skakel. Die saak is nou aan Natuurbewaring oorhandig, maar dit kan lank duur om die onwettige pomp van water uit die dam te stop, meen Gilfillan.

Vol berig in Review Weekend

Related Articles

Back to top button