Local NewsNewsSchools

VIDEO: ‘Brandweerman Ruca’ is ‘n passie vir Rouan

Brandweerman Rouan Snyman was vir 10 jaar deel van die brandweer maar nou doen hy demonstrasies by die skole.

POLOKWANE – Brandweerman Rouan Snyman was vir 10 jaar deel van die brandweer maar nou doen hy demonstrasies by die skole.

“Die brandweer is nie meer wat hulle jare terug was nie en kinders leer nie meer oor brande en wat hulle moet doen nie. Ek kom tot op hulle vlak en maak seker hulle verstaan,” verduidelik Snyman.

Ruca die brandweerman, soos kinders hom hier ken, is ‘n bekende gesig by vele skole en kleuterskole in die stad en die kleuters se gesiggies helder behoorlik op as hulle hoor Ruca kom kuier.

“Die genot op die kinders se gesigte is iets wat vir my baie beteken. Die kinders kan gewoonlik nie uitgepraat raak oor die demonstrasies nie. Ek het self twee kinders en leer hulle gereeld oor brandveiligheid.”

Meer foto’s

 

Net na skool is hy in die brandweer

“My ouers is geskei toe ek baie jonk was, en ek het by my middelste broer in die brandweerstasie grootgeword. Dit is hier waar my passie vir die brandweer gegroei het,” sĂȘ Rouan.

“Ek was vir 10 jaar deel van die brandweer en was vir ‘n jaar na sy diens in die Kongo. Met my terugkeer na die land het hy weer by die Pretoria brandweer betrokke geraak.

Rouan en sy gesin bly in Haenertsburg, maar hy reis die hele Limpopo vol om kinders te leer. Hy is deel van die Firemangroup besigheid.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button