NewsSchools

153 eenhede gebloei by Triegies

Die leerders van Laerskool Louis Trichardt het gewys dat hulle omgee toe hulle op 12 Junie Wêreldbloedskenkdag gevier het.

LOUIS TRICHARDT – Die leerders van Laerskool Louis Trichardt het gewys dat hulle omgee toe hulle op 12 Junie Wêreldbloedskenkdag gevier het.

Die leerders van elke klas het familie en vriende genader om namens hulle te skenk en het ‘n indrukwekkende hoeveelheid eenhede bloed geskenk.

Dottie Pinn, skakelbeampte van die Suid-Afrikanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) in Polokwane, sê die Triegies het 153 eenhede bloed geskenk vir die dag. Twee van die klasse wat die meeste eenhede bloed geskenk het was die gr. 3A-klas by die juniors met 14 eenhede en die gr. 6A-klas by die seniors met 10 eenhede. Hierdie klasse het elkeen ‘n KFC geskenkbewys van R2500 ontvang geborg deur die SANBD.

“Die SANBD is dankbaar vir die kinders wat uit hulle pad gaan en soveel moeite doen om lewens te red,” sê Dottie dankbaar.

Related Articles

Back to top button