Bosveld SportSport

Beeldtrofee in die visier vir Piet Pot se eerstes

'n Soet oorwinning is wat Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se eersterugbyspan, afrigters, ouers en ondersteuners die naweek in die Beeldtrofee finaal soek.

MOKOPANE – ‘n Soet sege is wat Hoërskool Piet Potgieter (HPP) se eersterugbyspan, afrigters, ouers en ondersteuners die naweek in die Beeldtrofee finaal soek nadat die span verlede Saterdag op sy tuisveld die Hoërskool Vryburg in ‘n titaniese stryd met 33-32 geklop het.

Vryburg wat verlede jaar die gesogte Beeld Noordvaaltrofee vir mediumskole opgeraap het, het die krane op HPP se veld oopgedraai in sy opmars as verdedigende kampioen, maar met die aanvang van die tweede helfte het Piet Pot se blou blitse druk bly toepas met goeie dryfspel voor en agterlangs wat die bal aan die rol gesit het.

Dit was naels kou tot Driekus Kleynhans, senter en kaptein van die eerstes, in die doodsnikke van die wedstryd vir die wendrie oorgeduik het.

Die heelagter, Marnus Uys, se skopwerk pale toe was in die kol en met 33-32 was die skrif aan die muur en al die glorie HPP s’n.

Nou wink die Beeld Noordvaaltrofee en Saterdag gaan die eerstespan alles in die stryd werp teen Hoërskool Ben Viljoen op Groblersdal om die beker huis toe te bring.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button