MunicipalNews

Nóg ‘n swemseisoen sonder ‘n dorpswembad?

Laas week het Review 'n draai by die dorpswembad gaan maak - die swembad se hekke was toe...

LOUIS TRICHARDT – Laas week het Review ‘n draai by die dorpswembad gaan maak om te kyk of dit al oop is en ook om foto’s te neem van die swembad en die verbeteringe wat aangebring is.

Die swembad se hekke was toe en Review is weggewys deur ‘n persoon wie gesê het dat ‘n brief nodig is voor enige foto’s geneem kan word.

2014

Mei:

 Burgemeester, David Mutavhatsindi, het op 20 Mei die bouwerk van die swembad amptelik ingelui deur die eerste teel af te kap.

Mutavhatsindi het gesê die swembad sal teen 30 Junie verlede jaar amptelik geopen word.

September:

Teen September was die swembad egter steeds nie voltooi nie.

Review het met die munisipale woordvoerder, Louis Bobodi, gesêls om agter die kap van die byl te probeer kom – hy het toe gesê die boukontrakteur het gesukkel om sekere boumateriaal te kry en dat dit die proses vertraag het.

Louis Bobodi het ook genoem dat die swembad hopelik teen einde 2014 sou oop wees.

2015

Januarie:

In Januarie was daar egter steeds geen vordering en Review het weer  Bobodi oor die saak genader.

Volgens Bobodi was die swembad teen dié tyd klaar, maar die swemlane moes nog geverf word – sodra dit afgehandel sou wees sou die swembad kon oopmaak.

“Dit sal nie later as einde Februarie wees nie,” het Bobodi bygevoeg.

Dinsdag het Review weer vir Bobodi gekontak om oor die vertragings uit te vind. “Die swembad is nog nie oop nie, maar ek behoort teen môre alle nodige inligting te hê,” was sy antwoord. Teen druktyd is nog geen verdere kommentaar van Bobodi ontvang nie.

 

Swembad in Louis Trichardt bied steeds geen lafenis nie

Makhado pool is not finished yet

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button