Bosveld NewsNews

Bejaardes spog met fraai komberse

DIE inwoners van Piet Potgieter Monument Ouetehuis spog met snoesige, handgemaakte komberse van Trapklippieskleuterskool.

MOKOPANE – DIE inwoners van Piet Potgieter Monument Ouetehuis spog met snoesige, handgemaakte komberse van Trapklippieskleuterskool.

Talentvolle naaldwerkers van Mokopane het saamgespan en die blokkies van hierdie kreatiewe komberse gehekel, waarna hul dit by Trapklippieskleuterskool in Van Heerdenstraat, afgegee het.

Elize Jansen, eienaar van die kleuterskool, het die kreatiewe blokkies aanmekaar gewerk en in komberse omskep.

“Dit is ‘n aaneenlopende projek wat ons gestig het. Die geliefde inwoners van die ouetehuis is met die eerste paar pragstukke bederf,” vertel Jansen.

Jansen vra alle naaldwerkers om nog van hierdie blokkies by Trapklippieskleuterskool af te gee, sodat hul meer van hierdie komberse kan optower.

Vir verdere inligting kontak Jansen by 082 770 7488.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button