Bosveld SportSport

Jong stoeier wil talent oorsee gaan wys

OM oorsee te kan gaan meeding teen die wêreld se bestes beteken nie net harde werk en lang ure se oefen op die stoeimat en in die gimnasium nie, maar ook baie geld om al die koste te dek.

MOKOPANE – OM oorsee te kan gaan meeding teen die wêreld se bestes beteken nie net harde werk en lang ure se oefen op die stoeimat en in die gimnasium nie, maar ook baie geld om al die koste te dek.

Marie Oosthuizen (16) is ‘n jong stoeier van Mokopane wat met talle prestasies en goue medaljes spog. Onlangs het sy vir ‘n derde keer met die Afrika Kadet Stoeikampioen-titel in haar ouderdomsgroep weggestap toe sy ‘n stoeier van Egipte in die eindstryd uitgestof het. Dit is haar droom om einde Augustus in Sarajevu, Bosnië aan die Wêreld Kadette Stoeikampioenskappe te gaan deelneem en met goud terug te kom.

Haar pa, Bertus, is haar grootste ondersteuner en vra die gemeenskap om na vore te kom om te help met donasies sodat sy oorsee kan gaan kragte meet.

Bydraes kan direk in die Suid-Afrikaanse Stoeifederasie se Standardbankrekening in Rivonia betaal word.

Die rekeningnommer is: 023031111662 en die takkode: 001255. Onthou om Marie se naam en van as verwysing in te skryf en stuur ‘n afskrif van die betaling aan shaun@collivery.co.za.

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

Related Articles

Back to top button